Die Direkteur-generaal van Basiese Onderwys, mnr. Matanzima Hubert Mweli, het vandag matrikulante van Hoërskool Concordia tydens ’n skoolbesoek gemotiveer. Hy het verskeie skole in die distrik besoek saam met amptenare van die plaaslike onderwyskantoor. Mweli het leerders aangemoedig om hard te werk, daagliks skool by te woon, studieroosters te volg en hul studiemateriaal te gebruik. Hy het ook beklemtoon dat leerders mekaar moet ondersteun. Hoofdogter Tyrelle van Rooi het dank uitgespreek vir die besoek.