Twintig jong mans uit die Richtersveld Munisipaliteit se jurisdiksie het veilig by die Gijima Training Academy in Gauteng aangekom om deel te neem aan ’n nuwe sekuriteitsleerlingskapprogram. Die inisiatief is deel van ’n vennootskap tussen Bidvest Protea Coin en die munisipaliteit, en sal amptelik op 4 Mei 2026 begin. Tydens die opleiding sal deelnemers vaardighede ontwikkel en werk om ’n Nasionale Sertifikaat in Algemene Sekuriteitspraktyk te verwerf. Die munisipaliteit het die leerders sterkte toegewens en waardering uitgespreek teenoor personeel wat hul veilige vervoer en aankoms verseker het.