Die Noord Kaapse e Department van Gesondheid bring vandag hulde gebring aan verpleegsters op Internasionale Verpleegster Dag. Vanjaar se tema, “Ons Verpleegsters. Ons Toekoms. Bemagtigde Verpleegsters Red Lewens”, beklemtoon die belangrike rol wat verpleegkundiges in klinieke, hospitale en gemeenskappe speel. LUR Vilakazi het verpleegsters bedank vir hul opoffering, moed en toewyding. Die departement sê verpleegsters bly aan die voorpunt van gesondheidsorg en speel ’n onmisbare rol in die redding van lewens.