Die Premier van die Noord Kaap, Dr. Zamani Saul, het 273 matrikulante van Saul Damon High School in Upington gemotiveer en die belangrikheid van dissipline en harde werk beklemtoon. As deel van pogings om akademiese prestasie in STEM-vakke te verbeter, het die provinsiale regering 12 000 wetenskaplike sakrekenaars aangeskaf. Premier Saul het sakrekenaars aan 273 leerders en ses opvoeders oorhandig, terwyl die uitrol na ander skole en distrikte voortgaan.