Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het gister die Namakwa Distrik Interregeringsverhoudinge-forum aangebied by die raadsaal van die distriksmunisipaliteit. Verteenwoordigers van plaaslike munisipaliteite, regeringsdepartemente en ander rolspelers het die vergadering bygewoon om samewerking en gekoördineerde dienslewering in die distrik te bespreek.
Onderwerpe wat op die agenda gedien het, sluit in rampbestuur, ontwikkelingsinisiatiewe, munisipale aangeleenthede en terugvoer van verskeie sektorale departemente. Die forum dien as ’n platform waar rolspelers uitdagings bespreek, vordering deel en planne koördineer wat gemeenskappe in die Namakwa-distrik raak.