Die polisie in die Noord-Kaap het gister ’n 40-jarige man in Kuilsville in hegtenis geneem nadat hy in besit van dwelms gevind is.

Lede van die Misdaadvoorkomingseenheid het inligting opgevolg wat van die gemeenskap ontvang is, en ’n lasbrief vir die perseel verkry.

Die lede het dwelms ter waarde van ’n geraamde 16-duisend rand by die eiendom gevind.