Die familie van ’n 31-jarige man van die Noord-Kaap wat na bewering deur tronkbewaarders by die De Aar Korrektiewe Sentrum doodgeslaan is, berei ’n siviele eis voor. Die man is verlede maand oorlede nadat hy glo deur beamptes aangerand is ná ’n beweerde voorval waarin hy ’n bewaarder met ’n skerp voorwerp gesteek het. Ses tronkbewaarders is intussen in hegtenis geneem in verband met die voorval en is reeds op borgtog vrygelaat. Die saak het groot kommer oor die behandeling van gevangenes en geweld binne korrektiewe fasiliteite ontlok. Die ondersoek duur voort.