Die Capitec Springbok-tak het op 25 Mei 2026 Hoërskool Concordia besoek om ’n Life Skills-sessie vir Graad 11-leerders aan te bied. Die interaktiewe aanbieding het gefokus op die verskil tussen ’n “fixed mindset” en ’n “growth mindset”, en leerders aangemoedig om oopkop te dink en nuwe geleenthede raak te sien. Leerders is ook blootgestel aan basiese bankwese en finansiële verantwoordelikheid. Die skool het die Capitec-span bedank vir hul motiverende en insiggewende bydrae tot die ontwikkeling van jongmense.