Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het gister ’n beleidswerkswinkel vir raadslede aangebied om verskeie strategiese en finansiële kwessies te bespreek.

Onderwerpe het die konsep LED-strategie, risikobestuur, korporatiewe en finansiële beleide, asook die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan en langtermyn finansiële beplanning ingesluit.

Volgens die munisipaliteit vorm die gesprekke deel van pogings om bestuur en strategiese beplanning in die distrik te versterk.