Inwoners van Pofadder, Pella en Witbank is in kennis gestel van ’n beplande kragonderbreking wat tussen ses-uur en tien-uur plaasgevind het.

Volgens die kennisgewing het Eskom ’n nuwe transformator by die Gamsberg-substasie gekommissieer. As deel van die proses moes die 66kV-lyn by Aggeneys tydelik afgeskakel word, wat die kragtoevoer na die betrokke gebiede beïnvloed het.

Gemeenskappe is aangemoedig om die nodige voorsorgmaatreëls tydens die onderbreking te tref. Eskom het ook om verskoning gevra vir enige ongerief wat veroorsaak is.