Die Noord-Kaapse Departement van Landbou het ’n bykomende 50-duisend bek-en-klouseer-entstofdosisse ontvang terwyl dit pogings verskerp om die uitbreking in die provinsie te beperk.

Die nuwe Aftodoll-entstofbesending bring die provinsie se totale entstoftoewysing op meer as 200-duisend dosisse te staan.

Die departement sê 10 laboratoriumbevestigde uitbrekings en 55 aangemelde gevalle is in verskeie distrikte aangeteken, wat kommersiële en gemeenskaplike boerderygebiede raak.

Meer as 71-duisend beeste is reeds in agt munisipaliteite ingeënt.