Die Richtersveld Munisipaliteit het inwoners van Port Nolloth in kennis gestel van ’n ongeskeduleerde wateronderbreking wat vandag vanaf agt-uur plaasgevind het.

Volgens die munisipaliteit word herstelwerk aan die Sizamile-verspreidingspyplyn by die Steinkopf–Port Nolloth en Sizamile–McDougallsbaai-kruising gedoen. Die McDougallsbaai-gebied word na verwagting nie deur die onderbreking geraak nie.

Inwoners in die betrokke gebiede is versoek om water spaarsamig te gebruik en seker te maak dat houers en tenke gevul is totdat die toevoer herstel is.