Operasie Fiela het gisteroggend klopjagte op buitelandse besighede in Kimberley uitgevoer, maar die optrede is deur die SAPD stopgesit. Die polisie het die organisasie daarvan beskuldig dat hulle die wet in eie hande neem en beklemtoon dat sulke optredes in samewerking met Binnelandse Sake en die Sol Plaatje Munisipaliteit moet plaasvind. Tydens die klopjagte het Operasie Fiela na bewering ongedokumenteerde buitelandse burgers en vervalde voedsel ontdek. Die organisasie voer aan dat wetstoepassers versuim om streng teen onwettige aktiwiteite en nie-nakoming op te tree.