Dr. Izak van Niekerk Primêre Skool op Steinkopf het 'n beroep op ouers gedoen om saam met die skool op te tree teen toenemende dissiplinêre probleme onder leerders.
Volgens skoolhoof RS Peters sluit die uitdagings laatkom, klasontwrigting, gebrek aan respek vir gesag, afwesigheid sonder rede en voorvalle van aggressie in. Die skool beklemtoon dat dissipline by die huis begin en dat ouers 'n sleutelrol speel in die vestiging van waardes en verantwoordbaarheid.
Die skool het ook ouers herinner dat ernstige oortredings tot dissiplinêre stappe, skorsing en selfs strafregtelike optrede kan lei waar nodig.