’n Opleidingsessie oor Kunsmatige Intelligensie (KI) word op 18 Junie by die Kangnas Wind Farm-kantore in Springbok aangebied as deel van pogings om digitale vaardighede in die Namakwa-distrik uit te brei.

Die inisiatief word deur die Namakwa Digital Hub aangebied in samewerking met Kangnas Wind Farm en verskeie ander rolspelers. Die opleiding fokus op die groeiende rol van KI in die moderne ekonomie en die ontwikkeling van tegnologiese vaardighede in die streek.

Die geleentheid vorm deel van ’n breër fokus op digitale ontwikkeling en vaardigheidsopleiding in Namakwa.