Die Kamiesberg Munisipaliteit sal sy kantore vir een dag sluit om personeel die geleentheid te gee om ’n vergadering by te woon.
Volgens ’n openbare kennisgewing sal die kantore Vrydag, 12 Junie, gesluit wees en weer Maandag, 15 Junie, hul normale werksaamhede hervat. Die munisipaliteit het inwoners aangeraai om vooraf elektrisiteit aan te koop en munisipale rekeninge betyds te vereffen om moontlike ontwrigting te beperk.
Hoewel die meeste dienste tydelik opgeskort sal wees, sal die Garies-kantoor steeds beskikbaar wees vir elektrisiteitsaankope en betalings.