Die Colesberg-streekhof het Jan Afrika tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy 24-jarige stiefseun, Wiseman Louw. Die hof het gehoor dat Afrika vir Louw tydens ’n argument met ’n okapi-mes in die bors gesteek het. Louw is na ’n hospitaal geneem, waar hy met aankoms dood verklaar is. Volgens polisiewoordvoerder Molefi Shemane het Afrika homself daarna aan die polisie oorgegee. Hy het skuldig gepleit op moord en is ook ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.