Leerders en personeel van Hoërskool Concordia het Vrydag, 26 Junie 2026, afskeid geneem van juffrou Hayley Cloete, wat as Vakadviseur vir Toerisme by die Namakwa Distrikkantoor aangestel is. Cloete het tydens haar tyd by die skool 'n groot bydrae, veral op kultuurgebied, gelewer en talle leerders geïnspireer. Die emosionele afskeidseremonie het huldeblyke van leerders ingesluit, waarna sy simbolies vir oulaas die skoolklok gelui het. Die skool wens haar alle voorspoed toe met haar welverdiende bevordering.