Die eerste rondte van die Namakwa Skaaktoernooi het op 20 Junie in Steinkopf plaasgevind as keuringsgeleentheid vir die Northern Cape Closed Chess Championships. Die skool se spelers het weer sterk vertonings gelewer, met Jatin Engelbrecht wat die o.16-afdeling gewen het en Anthony Bowers wat derde geëindig het. Die span, onder leiding van mnr. Jonas, berei nou voor vir die volgende rondtes van die toernooi sowel as die Alexforbes Battle Boards National Championships op 1 Augustus, waarvoor hulle vroeër vanjaar gekwalifiseer het.