Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Lebogang Motlhaping, het saam met departementshoof Zolile Monakali en senior amptenare 'n personeelterugvoer- en betrokkenheidsessie in Kuruman gehou. Die sessie het werknemers die geleentheid gebied om werkplekkwessies, dienslewering en departementele prioriteite te bespreek. Motlhaping het die belangrike rol van personeel in die bereiking van die departement se doelwitte beklemtoon en die verbintenis tot oop kommunikasie, aanspreeklikheid, spanwerk en verbeterde dienslewering herbevestig.