Die burgemeester van die Richtersveld Munisipaliteit, Cornell Knoph, het saam met raadslede en amptenare van die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark by Sendelingsdrift vergader. Tydens die vergadering is terugvoering gegee oor projekte wat gedurende die eerste kwartaal voltooi is, asook planne vir die tweede kwartaal. SANParke het ook sy ondersteuning vir die munisipaliteit se gemeenskapskoonmaakveldtogte bevestig. Die samewerking is daarop gemik om omgewingsbewaring te bevorder en skoner, gesonder gemeenskappe in die Richtersveld te skep.