Die SAPD in die Noord-Kaap waarsku dat slegs gemagtigde wetstoepassingsbeamptes identiteitsdokumente mag inspekteer. Die polisie sê enige ongemagtigde persone wat ID's eis of inspekteer, tree onwettig op.

Inwoners word versoek om sulke voorvalle by die polisie aan te meld en nie die reg in eie hande te neem nie, aangesien waaksaamheidsoptrede tot strafregtelike vervolging kan lei.