Twee leerlinge van Concordia Hoërskool, Katelynn Bennett en Suné Dirkse, is in die Griekwas O18-vrouerugbyspan opgeneem wat aan die FNB Jeugweke in Gqeberha gaan deelneem.

Die toernooi skop môre af en is geskiedkundig omdat die O18-seuns se Cravenweek en die O18-dogterstoernooi vir die eerste keer by dieselfde venue aangebied word. Twee SA Skole-dogterspanne sal ook aan die einde van die week aangekondig word.

Griekwas open hul veldtog môre om 09:30 teen die Valke, terwyl Concordia Hoërskool die twee spelers alle sterkte vir die toernooi toegewens het.