'n Werkswinkel as deel van Project Winter Hope het inwoners van Garies bymekaar gebring om kennis te deel en gemeenskappe te bemagtig. Die inisiatief is deur Change Agents South Africa en die Eenheid vir Gemeenskapsbetrokkenheid van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) aangebied.

Een van die aanbieders, Elwayda Dirkse, sê dit was vir haar 'n voorreg om aan haar tuisdorp terug te gee. Sy sê die werkswinkel het deelnemers die geleentheid gebied om saam te leer, te groei en hoop vir die toekoms te bou.

Die werkswinkel het by JJL Primer in Garies plaasgevind en het gefokus op die bemagtiging van die gemeenskap deur kennis, vaardighede en samewerking.