Die Bimbo Voorskoolse Sentrum in Okiep het sy veiligheidsmaatreëls opgeskerp ná 'n reeks inbrake wat die skool die afgelope tyd geraak het.

Volgens die skool is nuwe spreiligte, veiligheidskameras en staalstrukture by kritieke dele van die perseel aangebring om die fasiliteit beter te beveilig. Die opgraderings is moontlik gemaak deur samewerking tussen verskeie rolspelers, waaronder RQ Alarms, die Namakhoi Munisipaliteit, die Departement van Onderwys en GS Staalwerke.

Die voorskool sê die verbeterings is daarop gemik om 'n veiliger omgewing vir leerders en personeel te skep en verdere voorvalle van inbraak te help voorkom.