Die Steinkopf-gebaseerde nie-regeringsorganisasie Top 5 dring daarop aan dat inwoners beweerde teisteringsvoorvalle by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld na 'n onlangse voorval van onsedelike blootstelling in die dorp.

Die oproep kom nadat die polisie bevestig het dat hulle 'n saak van onsedelike blootstelling ondersoek nadat 'n man in Maandag oggend voordag in hegtenis geneem is.

Polisie sê 'n vroulike inwoner het aangemeld dat sy 'n naakte man buite haar slaapkamervenster gewaar het, wat tot sy inhegtenisneming gelei het.

Die Top 5 sê formele kriminele klagtes is noodsaaklik om polisie-optrede moontlik te maak.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.