Die Kimberley-streekhof in die Noord-Kaap het onlangs ’n 30-jarige man tot agt jaar direkte tronkstraf gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die hof het gehoor dat Deon Jullies ’n 29-jarige seisoenwerker in Rietvale in Julie verlede jaar herhaaldelik gesteek het.
Die aanval het plaasgevind terwyl die vrou van die werk af huis toe gestap het.
Jullies, wat aan die slagoffer bekend was, het na bewering uit bosse te voorskyn gekom en haar met ’n mes aangeval voordat sy gevlug het.