Die Griekwastad-streekhof het die 22-jarige Gino September tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van 'n 21-jarige familievriend. Die hof het bevind dat September die vrou met 'n mes in haar huis gedreig en verkrag het. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die suksesvolle vervolging is deur sterk getuienis, mediese verslae en DNS-bewyse ondersteun. Die NVG het die uitspraak as 'n belangrike oorwinning in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld beskryf.