Verskeie opgraderings is aan die gemeenskapsbiblioteek in Onseepkans aangebring, waaronder twee nuwe deure, opgeknapte boekrakke, diefwering vir deure en die uitverf van die binnekant van die houer. Die plaaslike Nuni Elbow-leesgroep het die geleentheid met 'n Nelson Mandela-gedig en 'n Nama-dansoptrede opgevrolik. Raadslid Johnny Bock het die gaste verwelkom, waarna Xina Solar One se uitvoerende hoof, Nalini Ghela, die belangrikheid van samewerking en plaaslike ontwikkeling beklemtoon het. Bertie Boekwurm het kinders met 'n handpopvertoning vermaak en hulle op 'n speelse wyse oor Nelson Mandeladag geleer.