Veertien graad 11-leerders van Hoërskool Namakwaland is gekies om die gesogte SAICA Mathematics Development Camp, wat van 29 Junie tot 4 Julie 2026 by Hoërskool Upington plaasgevind het, by te woon. Die kamp fokus op die bevordering van Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, terwyl leerders ook blootstelling aan studierigtings, loopbaanleiding en beursgeleenthede ontvang. Die inisiatief vorm deel van SAICA en die Noord-Kaap Onderwysdepartement se poging om meer geoktrooieerde rekenmeesters te ontwikkel. Die skool het die leerders gelukgewens met hul prestasie en deursettingsvermoë.