Hoërskool Concordia het die derde skoolkwartaal met 'n inspirerende opening afgeskop waartydens leerders en personeel aangemoedig is om die kwartaal met toewyding aan te pak. Juf. Maynie Stone-Coetzee het beklemtoon dat 'n positiewe gesindheid en verantwoordelikheid die grondslag van sukses is. Die SAPD in Nababeep het leerders ook gemotiveer om verantwoordelike keuses te maak. Tydens die geleentheid is die skool se Top 10-akademiese presteerders aangekondig en sport- en akademiese prestasies erken. Die skool sien met groot opgewondenheid uit na 'n suksesvolle derde kwartaal.