Hoërskool S.A. van Wyk het Kwartaal 3 met groot entoesiasme afgeskop toe personeel leerders met 'n erewag, vriendelike groete en die skool se tradisionele netheidsinspeksie by die hekke verwelkom het. Die hoof, mnr. D.W. Cloete, mnr. S.B. Thiart en distriksamptenaar juffrou Van Wyk het leerders met inspirerende boodskappe aangemoedig om hard te werk en doelgerig te bly. Die skool het alle leerders, personeel en ouers 'n voorspoedige en suksesvolle derde kwartaal toegewens.