Die Noord-Kaapse Departement van Sport, Kuns en Kultuur het Nama-boeke aan openbare biblioteke in Port Nolloth, Alexanderbaai, Kuboes, Sanddrif en Riemvasmaak oorhandig om die bewaring van die Nama-taal te bevorder. Volgens woordvoerder Nelly Phelelu is die boeke uit Namibië verkry. Sy sê die boeke sal lees in inheemse tale aanmoedig, lewenslange leer ondersteun en waardevolle opvoedkundige hulpbronne aan leerders, navorsers en gemeenskappe beskikbaar stel om die Nama-taal vir toekomstige geslagte te bewaar.