'n Waaksame optrede deur die SAPD in Loeriesfontein het gelei tot die inhegtenisneming van 'n 31-jarige man wat glo onder 'n rusbank weggekruip het nadat daar by 'n woning ingebreek is.

Polisielede op roetinepatrollie het Sondagaand verdagte geluide by 'n huis gehoor wat as onbewoon bekend was. Hulle het huishoudelike items buite die woning en 'n verwyderde dakplaat opgemerk. Met toestemming van die eienaar het die polisie die huis deur die dak binnegegaan en ontdek dat dit geplunder is.

Die verdagte is onder 'n rusbank aangetref en op die toneel in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal en sal in die Landdroshof op Calvinia verskyn.