Die geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Booi Mantyi was vanaf gister tot middel Augustus in die Noord-Kaap aangehoor. Mantyi, destyds president van die De Aar-inwonersvereniging, is op 16 Junie 1985 tydens 'n optog in De Aar deur die polisie doodgeskiet. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die ondersoek vorm deel van pogings om onopgeloste sake uit die apartheidsera te heropen. Die hof sal nuwe getuienis aanhoor nadat die doodsondersoek op versoek van die NVG en met ondersteuning van die Mantyi-familie heropen is.