Leerders van Hoërskool Namakwaland het met uitmuntende optredes tydens die Klawer Kunstefees presteer. Tatiana Richards, Devanté Richards en Chris-Mari Nöthling het die skool se naam hoog gehou met hul uitsonderlike musikale talent. Tatiana het twee goue toekennings ontvang, Devanté twee silwer toekennings en Chris-Mari drie goue toekennings behaal. Die skool sê hul prestasies weerspieël harde werk, toewyding en die Bokkie-trots wat hulle tydens elke optrede uitleef.