Twee graad 10-leerders van Hoërskool S.A. van Wyk, Esperanza Farmer en Ingé Oppel, het onlangs die Golekane Girls Camp by Boontjieskraal in Kimberley bygewoon. Die kamp het gefokus op geslagsgebaseerde geweld en femisied, asook die rol van jong vroue in die skep van veiliger gemeenskappe. Die leerders het aan spanbou, talentaktiwiteite en gesprekke deelgeneem. Hulle het waardevolle lesse oor selfvertroue, samewerking en leierskap geleer, wat hulle sal help om as VRL-lede 'n verskil te maak.