Hoërskool Concordia se Oral History-span het die afgelope naweek in Kimberley aan die provinsiale kompetisie deelgeneem as deel van die Namakwa-span. Juf. Monique Engelbrecht het die leerders vergesel. Zeenith Cloete het ’n skitterende tweede plek in die Young Historians-kategorie behaal met haar onderwerp oor Suid-Afrika se nuwe Grondwet van 1996. Jo-Ann October, Mia Muller en Siano Strauss het ook in hul onderskeie kategorieë deelgeneem. Geluk aan al die leerders van Concordia, Namakwaland en Steinkopf!