Die WOW Spel-kompetisie het onlangs by Okiep Hoërskool plaasgevind. Graad 8- tot 10-leerders het met trots deelgeneem en hul beste gelewer. Normanique Cooper het ’n uitstekende vierde plek in Graad 9 behaal. In Graad 10 het Clayton vd Heever ’n tweede plek, Chaney Coetzee ’n derde plek en Zeta Cloete ’n sesde plek behaal. Baie geluk aan al die deelnemers! ’n Spesiale woord van dank aan Juf De Jongh en die onderwysers vir hul ondersteuning. Ons is trots op ons leerders!