Graad 8- en 9-leerders van Okiep Hoërskool het vandag ’n inspirerende STEM-wetenskapsprogram bygewoon. Die program is deur die Departement van Basiese Onderwys, SACNASP en die Siyafunda Education Foundation aangebied. Deur praktiese aktiwiteite het leerders wetenskap, tegnologie, probleemoplossing en innovasie op ’n prettige manier verken. Hulle het die geleentheid terdeë geniet saam met Juffrou G. Hollenbach. ’n Spesiale woord van dank aan Juffrou F. Soudens, Fisiese Wetenskappe Vakadviseur, en almal wat hierdie waardevolle leerervaring moontlik gemaak het.