Die Springbok-streekhof in die Noord-Kaap het vandag ’n 23-jarige man tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die 24-jarige Calvin Saul.

Sherico Makatees het Saul herhaaldelik gesteek tydens ’n byeenkoms in Matjieskloof in November 2024.

Makatees het erken dat hy uit woede en jaloesie opgetree het nadat hy ontsteld geraak het toe sy meisie geweier het om saam met hom te vertrek.

Hy het ook erken dat hy van plan was om Saul dood te maak en nie uit selfverdediging opgetree het nie.

Die hof het hom tot 25 jaar gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is, en hom onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.