Carol-Ann Engelbecht, Maatskaplike Prestasiebeampte by Kangnas Windplaas, werk saam met gemeenskappe, diensverskaffers en die maatskaplike prestasiespan om sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte te implementeer. Een van haar hoogtepunte vanjaar was om die Dr. Izak van Niekerk Primêre Multifunksionele Skoolsaal van konsep tot voltooiing te sien ontwikkel. Sy sê projekte soos dié toon dat hernubare energie ’n blywende impak buite elektrisiteitsopwekking kan hê. Haar boodskap aan jongmense is: “Glo in jouself en hou nooit op leer nie.”