Duisende maatskaplike toelae-begunstigdes in die Noord-Kaap het verlede week nie hul betalings ontvang nie weens nakomingsversuim. SASSA sê betalings aan meer as seweduisend mense is teruggehou omdat hulle nie vir die jaarlikse toelae-hersieningsproses aansoek gedoen het nie. Geaffekteerde begunstigdes word aangemoedig om hul besonderhede so gou moontlik by te werk om verdere onderbrekings te voorkom. SASSA sê die hersieningsproses bepaal of begunstigdes steeds aan die vereistes vir maatskaplike toelaes voldoen.