’n Heerlike oggend van saamkuier, lag en kreatiwiteit is tydens ’n Sip & Paint-funksie as deel van Vrouemaandvieringe beleef. Die geleentheid het deelnemers die kans gebied om nuwe vriendskappe te vorm, terwyl oud-kollegas en oud-leerders van Hoërskool Concordia ook herenig is en herinneringe gedeel het. Elke deelnemer het kleur aan die dag gebring. Die organiseerders beklemtoon dat ’n vrou se lewe, soos ’n skilderdoek, uit vreugde, uitdagings, groei, liefde en krag bestaan. Vrouemaand vier elke vrou se unieke bydrae.