Graad 1-leerders van Okiep Laerskool het op Vrydag 14 Augustus 2026 tydens ’n dorpuitstappie aan Okiep Hoërskool besoek afgelê. Die leerders is hartlik deur die waarnemende skoolbestuurder, Juffrou J.N. de Jongh, verwelkom. Hulle het meer oor die hoërskool se geskiedenis en praktiese vakke geleer. Dansleerders het ’n spesiale optrede gelewer, waarna die Graad 1’s self die geleentheid gekry het om saam te dans. Die besoek het ook die Kuns- en Ontwerpklasse ingesluit, waar hulle meer oor kleur, kuns en kreatiwiteit geleer het. Die skool het die besoek as ’n groot voorreg beskryf.