Hoërskool Port Nolloth leerders het verlede week tydens die WOW Spelfees se kringkompetisie hul uitstekende taal- en spelvaardighede ten toon gestel. In Graad 8 Afrikaans het Ava De Wee ’n tweede plek behaal. In Engels het Heinoline Skippers eerste, Alberto Bekeur tweede, Ayakha Ntanjana derde en Onika Shumane vierde geëindig. Graad 9 Afrikaans is deur Skylar Van Wyk gewen, met Joshlin Van Neel tweede en Tshianeo Smith vierde. In Graad 9 Engels het Sven Hogg eerste en Feziwe Mosala tweede geëindig. Die skool het al die leerders gelukgewens en hul trots uitgespreek.
,