Die ANC het vyf potensiële burgemeesterskandidate vir die Sol Plaatje-munisipaliteit in die Noord-Kaap aangekondig. Die kortlys sluit die huidige uitvoerende burgemeester, raadslid Martha Bartlett, en Sol Plaatje-speaker en voormalige minister, Dipuo Peters, in. ANC-vroueliga-NUK-lid Dorothy Morudi, misdaadvoorkomingsaktivis Pantsi Obusitse en Thandi Mfulo is ook genomineer. Die ANC sê al vyf kandidate is aan ’n streng interne keuringsproses onderwerp. Die aankondiging is by die Sandton-konferensiesentrum gemaak. Sol Plaatje is die provinsie se grootste munisipaliteit.