Hoërskool S.A. Van Wyk vier ’n besonderse prestasie nadat mnr. Niël Carlson die hoogste eer in sy kategorie tydens die Provinsiale Nasionale Onderwystoekennings ontvang het. Hy is vereer vir uitnemendheid in Fisiese Wetenskappe-onderrig. Die prestasie is ’n belangrike mylpaal vir mnr. Carlson én die hele skoolgemeenskap. Die Rooikat-familie is besonder trots daarop dat hy ’n produk van Hoërskool S.A. Van Wyk is. Die skool vier sy prestasie en sê sy sukses is ’n bewys van die uitnemendheid wat hulle nastreef.