Mitchell Van Wyk van Hoërskool SA van Wyk is as die wenner van die WOW Distrik Spelfees gekroon ná ’n vertoning wat sy harde werk en deursettingsvermoë beloon het. Hy sal nou die skool en distrik op provinsiale vlak in Upington verteenwoordig. Die skoolgemeenskap het hom gelukgewens en sterkte toegewens met die volgende rondte. ’n Spesiale woord van dank gaan aan Juffrou Parring en Juffrou Booysen vir hul ondersteuning en begeleiding van die WOW-leerders. Die skool sê hy moet gaan wys waarvan ’n Rooikat gemaak is.