Ferdinand Brecher Laerskool het op Woensdag, 26 Augustus 2026, die voorreg gehad om ’n Imbizo by te woon wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) gereël is. Die doel was om die gemeenskap die geleentheid te bied om regstreeks met verskeie rolspelers te kommunikeer, eerder as slegs via WhatsApp-groepe. Ongelukkig was geen ouers teenwoordig nie en geen vrae rakende die skool is geopper nie. Die gemeenskap word aangemoedig om betrokke te bly, aangesien soortgelyke Imbizo-byeenkomste voortaan maandeliks aangebied sal word.